AfriForum kook oor waterkoste in Joburg

Loading player...
AfriForum sê die Stad Johannesburg het 'n verhoging van 65,6 persent in die wateraanvraagbestuursheffing goedgekeur sonder om sleutelinligting te verskaf oor hoe die verhoging bereken is. Die organisasie voer aan daar word van inwoners verwag om kommentaar te lewer op die begroting sonder toegang tot die nodige besonderhede, wat openbare deelname waardeloos maak. Marais de Vaal van AfriForum sê die verhoging, van 65 rand en agt sent tot 107 rand en 74 sent per maand, is nie deursigtig en behoorlike regverdig nie:
7 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Koalisies in SA verkiesings verwag

Die plaaslike owerheidsverkiesings in Suid Afrika aanstaande maand is besig om die nuustoneel in die buurland te oorheers. Wydlopende reaksie van politieke kenners word in die verband ontvang. Christo van der Rheede ‘n onafhanklike politieke ontleder het sy mening aan Kosmos 94.1 nuus verwoord.
18 Oct 3AM 1 min

IPC de josie vir NWR oor Gross Barmen

Die sluiting van binnenshuise swemgeriewe by die Gross Barmen-oord het daartoe gelei dat Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewing en toerisme, op verantwoording en antwoorde van Namibia Wildlife Resorts oor instandhouding eis. Likando sê die publiek verdien ’n verduideliking oor die herstelwerk, veral in die lig van die…
18 Oct 2AM 1 min

Fietsry: Drikus trap deurnag; steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, het ‘n 24-uur lange skof agter die rug en loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 2 255 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak…
18 Oct 1AM 1 min

BKS: Nuwe reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere

Namibië se veeartsenyowerhede het Saterdag die reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere uiteengesit terwyl bek-en-klouseer steeds die veebedryf ontwrig. Hoewel sekere veebewegings en slagtings onder streng veeartsenybeheer toegelaat word, bly beperkings in die geraakte //Kharasstreek stewig van krag. Die landbouministerie beklemtoon dat verskerpte siektetoesig, bewegingsbeheer en die opsporing van…
18 Oct 1AM 1 min

Midde-Ooste laat Suider-Afrika swaar trek

Die ekonomieë van Suider-Afrika, insluitend Namibië, word steeds negatief geraak deur die oorloë in die Midde-Ooste, sowel as in Rusland en Oekraïne. Dr. Roelof Botha, ekonomiese adviseur vir die Optimum-groep en Betterbond, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat, hoewel die impak swaar is, veral vererger deur stygende inflasiekoers weens hoë…
18 Oct 12AM 1 min