IAEA sal inspeksies in Iran uitvoer

Loading player...
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sal binnekort inspeksies in Iran uitvoer ná ʼn tussentydse vredesooreenkoms tussen Amerika en Teheran. Dit is ten spyte van teenstrydige verklarings van Iran en Washington. Iran se ministerie van Buitelandse Sake hou vol toegang tot sy beskadigde kernfasiliteite en kernmateriaal kan slegs binne die raamwerk van ʼn finale ooreenkoms hanteer word. President Donald Trump van Amerika beweer Iran het ingestem tot onbeperkte, omvattende kern-inspeksies. Die agentskap se hoof, Rafael Grossi, sê hulle moet nog die manier waarop dit gedoen word, bepaal:
25 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

KZN staal hulself teen El Niño

Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word gewaarsku om voor te berei op moontlike hittegolwe, droogte en watertekorte wat met El Niño verband hou. Ondergemiddelde reënval en abnormaal hoë temperature word van vandeesmaand tot Desember verwag, terwyl droë toestande moontlik tot in Maart volgende jaar kan voortduur. Die woordvoerder van die departement van…
17 Oct 2AM 1 min

Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos…
17 Oct 1AM 1 min

BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
17 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min