
Broos vol lof vir Bafana Bafana
Loading player...
Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het sy span geloof wat die eerste keer ooit die uitklopronde van 'n Wêreldbekertoernooi gehaal het. Suid-Afrika het Suid-Korea in Monterrey, Mexiko, 1-0 verslaan toe Thapelo Maseko in die tweede helfte die wedstryd se enigste doel aangeteken het. Bafana Bafana speel Sondag in Los Angeles teen Kanada in die ronde van 32. Broos het erken die laaste 20-minute van die kragmeting was uiters spannend:

