Hill-Lewis vra kalmte rakende immigrasie

Loading player...
Die DA-leier Geordin Hill-Lewis vra kalmte te midde van toenemende spanning oor onwettige immigrasie. Hy sê die publiek se frustrasie moenie verander in haat, gepeupelreg of geweld nie. Dit kom in aanloop tot volgende week se beplande massabetoging teen onwettige immigrasie. Hill-Lewis sê Suid-Afrikaners moenie toelaat dat sekere politici of mense wat reg in eie hande neem, die probleme wat deur ʼn mislukte ekonomie veroorsaak word, gebruik om buitelanders sondebokke te maak en geweld teen hulle aan te hits vir hul eie agenda nie:
25 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos…
17 Oct 1AM 1 min

BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
17 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min