Polisie moet skole help oppas in vakansie: DA

Loading player...
Die DA in die Wes-Kaap sê sigbare wetstoepassing en pro-aktiewe ingryping by skole is nodig omdat dit toenemend die teikens word van opsetlike beskadiging en diefstal. Die provinsiale Onderwysdepartement het tydens verlede jaar se wintervakansie sekerheids-maatreëls by 424 skole ondersteun. Dis vanjaar uitgebrei na 453 hoërisiko-skole. Peter Johnson van die DA sê 11,9-miljoen Suid-Afrikaanse rand is in die huidige boekjaar toegeken vir sekerheids-maatreëls tydens vakansies, al is misdaadvoorkoming eintlik die polisie se verantwoordelikheid:
25 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

KZN staal hulself teen El Niño

Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word gewaarsku om voor te berei op moontlike hittegolwe, droogte en watertekorte wat met El Niño verband hou. Ondergemiddelde reënval en abnormaal hoë temperature word van vandeesmaand tot Desember verwag, terwyl droë toestande moontlik tot in Maart volgende jaar kan voortduur. Die woordvoerder van die departement van…
17 Oct 2AM 1 min

Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos…
17 Oct 1AM 1 min

BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
17 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min