FIC kry miljoene in ontduikte belasting terug

Loading player...
Vars na die land se verwydering van die gryslys is die Finansiële Intelligensiesentrum se 2025/2026 jaarverslag vrygestel en die direkteur, Bryan Eiseb, het by die geleentheid gesê dat 25 miljoen Namibiese dollar in dié boekjaar verbeur is weens vermoedelike finansiële misdade. Hy het aangedui dat die bekamping van geldwassery en belastingontduiking gelei het tot die terugvordering van 29 miljoen dollar in belasting. Eiseb sê volgens die Finansiële Aksie-taakmag is Namibië 'n model-land in Afrika.
25 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos…
17 Oct 1AM 1 min

BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
17 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min