Vryheidsmanifes word deur migrasie in SA getoets

Loading player...
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê migrasie toets die beginsels van die Vryheidsmanifes en plaas druk op nasionale eenheid en die oppergesag van die gereg. Mbalula het die media ingelig oor die uitkomste van die party se nasionale werkkomitee en gesê die regering tree ferm op met ongedokumenteerde migrasie, met meer as 110 000 deportasies wat vanjaar uitgevoer is. Hy het ook verwys na die groeiende gemeenskapspanning wat verband hou met migrasie en handhawingsmaatreëls:
26 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min

Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'

Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai…
16 Oct 11AM 1 min

Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige

Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor…
16 Oct 11AM 1 min