Samewerking deur Sacu belangriker as ooit, sê Ramaphosa

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê streeksamewerking is belangriker as ooit tevore weens internasionale onsekerheid en verskuiwende voorsieningskettings. Hy het tydens die Suider-Afrikaanse Doeane-unie se beraad in Kaapstad gesê geen Afrikaland kan alleen floreer in die huidige ekonomiese klimaat nie. Namibië se president Netumbo Nandi-Ndaitwah het ook die beraad bygewoon. Ramaphosa beskryf die unie as 'n veerkragtige instelling wat reeds 116 jaar deur aansienlike wêreld- en streeksveranderings voortbestaan. Hy sê dit sal streeksintegrasie versterk en ekonomiese veerkragtigheid bevorder:
27 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min

Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'

Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai…
16 Oct 11AM 1 min

Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige

Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor…
16 Oct 11AM 1 min