Sokker: Bafana-afrigter broos oor Fifa-ranglys

Loading player...
Sportminister Gayton McKenzie het ná hul geskiedkundige 1-0-oorwinning oor Suid-Korea vir Bafana Bafana 'n bonus van vyf miljoen rand beloof vir elke Fifa Wêreldbeker-uitklopoorwinning. Bafana Bafana pak vanaand om nege-uur die mede-gasheer, Kanada, met die doel om die laaste-16 van die toernooi te haal. Intussen sê Bafana Bafana-afrigter Hugo Broos hy kan nie verstaan hoekom Suid-Afrika so laag op die Fifa-wêreldranglys bly ondanks die span se onlangse vertonings nie. Bafana is 60ste in die wêreld en negende in Afrika:
28 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min

Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'

Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai…
16 Oct 11AM 1 min

Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige

Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor…
16 Oct 11AM 1 min