
Goedkoper brandstof gaan prysmonster effe briek
Loading player...
Reaksie word ontvang op die energieminister se aankondiging vanmiddag dat brandstofpryse Vrydag verlaag gaan word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm se ekonoom, Almandro Jansen, gepraat wat sê dat Brent-ru-oliepryse aansienlik gedaal het vanaf die hoë vlakke wat aan die begin van die konflik in die Midde-Ooste aangeteken is en dat hierdie welkome verligting 'n groot impak plaaslik sal hê.

