Dit was nie 'n Namibiese vragmotorbestuurder wat tydens optogte aangerand is nie

Loading player...
Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris van Mpumalanga, Zeph Mkhwanazi, het 'n vals video wat op sosiale media versprei is, sterk veroordeel. Die video beweer dat 'n Namibiese vragmotorbestuurder tydens 'n teen-migrante-optog aangerand is. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê die voorval wat in die video uitgebeeld word, het nie tydens die betogings plaasgevind nie. Hy sê 'n Namibiese burger wat as 'n sekuriteitswag werksaam is, was op 6 Junie by 'n taverne in Hendrina met 'n diensvuurwapen:
6 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VF Plus spreek 'brandstigting' op Bloedrivier-erfenisterrein aan

Die VF Plus sê beweerde brandstigting op die Bloedrivier-erfenisterrein in KwaZulu-Natal beklemtoon die belangrikheid van wedersydse erkenning tussen gemeenskappe. Die Erfenisstigting sê olie is naby die terreinbestuurder se huis aan die brand gesteek. 'n Kampeerder wat gehelp het om die brand te bestry is beseer en elektriese infrastruktuur sowel as…
12 Aug 11AM 1 min

Tsumeb-munisipaliteit, vakbond haaks oor verhogings

Die Tsumeb-munisipaliteit het 'n algemene salarisverhoging van 4 persent aangebied, nadat die Namibia Local Authorities-vakbond aanvanklik 'n verhoging van 10 persent en later een van 7,5 persent geëis het. Die munisipaliteit se woordvoerder, Stella Imalwa, sê dat die aanbod gegrond is op die kernverantwoordelikheid om te verseker daar is fondse…
12 Aug 11AM 1 min

Môre gaan effe warmer wees, maar moenie truie wegpak

Terwyl dit vandag koud in die binneland was, kan Namibiërs verwag dat dit van môreoggend af effens sal opwarm. Meteoroloog Albertina Anderson van die Weerdiens waarsku teen die gevaar van veldbrande en sê dit is nog nie tyd om die truie en baadjies te diep weg te pak nie. Sy…
12 Aug 10AM 1 min

Korrupsie by regeringswoonstelle 'moet vervolg word'

Reaksie word ontvang oor die wanbestuur van regeringswoonstelle, met balkonne wat na bewering in hutte omskep is en sommige eenhede wat vir privaat besighede gebruik of verhuur word. Werkeminister Veikko Nekundi vra vir strenger toesig, terwyl die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah aan Kosmos 94.1 Nuus sê dat korrupsieklagte gelê…
12 Aug 10AM 1 min