Vreemdelinge op aarde

Loading player...
Op die 30ste Junie, het ons gesien hoe weke se opgeboude sosiale spanning ’n kookpunt bereik het met nasionale optogte teen ongedokumenteerde immigrante. Terwyl die politieke en sekuriteitsanaliseerders die gebeure vanuit ’n wetlike en ekonomiese lens ontleed, worstel ons met n ander realiteit. Volgens sensusdata identifiseer die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners hulself as Christene. Ons is ’n samelewing wat grootgeword het met die Bybel op die bedkassie. Jannie Pelser en gaste, Dr Braam Hanekom en Dr Andre van Niekerk het hierdie tema bespreek
4 Jul Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Hoor jy wat ek sê? Die Afrikanergesprek – van die ander kant gehoor

Die sogenaamde Afrikanergesprek kry tans baie aandag – in Suid-Afrika, maar toenemend ook internasionaal. Jannie Pelser en gaste, Rothney Tshaka, Hein Willemse en Prof Ntsikelelo Benjamin Breakfast draai vandag die kamera om en bespreek hoe hierdie gesprek aan die ander kant gehoor word.
10 Oct 59 min

Sport bring mense bymekaar

Jannie Pelser en gaste, Prof. Pieter Duvenage, Ds. Schalk van Heerden en Ds. Ben Marais gsels oor sport – nie net as vermaak en kompetisie nie, maar ook as ’n besondere menslike verskynsel en moontlik ’n ruimte waarin mense mekaar kan vind.
3 Oct 52 min

Stap vir Marlo Buys

Jannie Pelser gesels vandag met Angelique Buys oor haar seuntjie Marlo se siekte en Michael Wynne wat deur afstande te stap om geld in te samel vir sy behandeling
26 Sep 38 min

Hoopstad: baken van geloof, hoop en liefde

Jannie Pelser en gaste, Di. Victor Cloete, Desire Meyer en Frans du Toit gesels vandag oor die tema: Plattelandse gemeentes vind dit soms vanwee verskeie redes moeilik om optimal te funksioneer, maar dit is anders vir die NG Gemeente Hoopstad. Een honderd en vyftig jaar na die gemeente beslag gekry…
19 Sep 44 min

Goudini-belewenis: Hoop en Vernuwing

700+ Predikante van regoor SA het bymekaar gekom by Goudini om saam te bid, te kuier, te vier en te groei. Jannie Pelser gesels met drie predikante, Hendrien van Vliet, Yugi Barnhard en Rikus Hattingh, oor hul ervaring en indrukke van hierdie besondere predikante-saamkoms
12 Sep 45 min