DA boos oor Dlodlo se aanstelling as ambassadeur

Loading player...
Die DA het president Cyril Ramaphosa se besluit gekritiseer om die voormalige minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Frankryk aan te stel. Die party beskuldig die president dat hy die belange van ANC-kaders bo dié van die land en sy buitelandse beleid stel. Die 63-jarige Dlodlo vervang wyle Nathi Mthethwa. Ryan Smith van die DA sê Dlodlo was ernstig onder verdenking en het nie die integriteit of vaardighede om met ekonomiese diplomasie en internasionale handel vertrou te word nie.
7 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VF Plus spreek 'brandstigting' op Bloedrivier-erfenisterrein aan

Die VF Plus sê beweerde brandstigting op die Bloedrivier-erfenisterrein in KwaZulu-Natal beklemtoon die belangrikheid van wedersydse erkenning tussen gemeenskappe. Die Erfenisstigting sê olie is naby die terreinbestuurder se huis aan die brand gesteek. 'n Kampeerder wat gehelp het om die brand te bestry is beseer en elektriese infrastruktuur sowel as…
12 Aug 11AM 1 min

Tsumeb-munisipaliteit, vakbond haaks oor verhogings

Die Tsumeb-munisipaliteit het 'n algemene salarisverhoging van 4 persent aangebied, nadat die Namibia Local Authorities-vakbond aanvanklik 'n verhoging van 10 persent en later een van 7,5 persent geëis het. Die munisipaliteit se woordvoerder, Stella Imalwa, sê dat die aanbod gegrond is op die kernverantwoordelikheid om te verseker daar is fondse…
12 Aug 11AM 1 min

Môre gaan effe warmer wees, maar moenie truie wegpak

Terwyl dit vandag koud in die binneland was, kan Namibiërs verwag dat dit van môreoggend af effens sal opwarm. Meteoroloog Albertina Anderson van die Weerdiens waarsku teen die gevaar van veldbrande en sê dit is nog nie tyd om die truie en baadjies te diep weg te pak nie. Sy…
12 Aug 10AM 1 min

Korrupsie by regeringswoonstelle 'moet vervolg word'

Reaksie word ontvang oor die wanbestuur van regeringswoonstelle, met balkonne wat na bewering in hutte omskep is en sommige eenhede wat vir privaat besighede gebruik of verhuur word. Werkeminister Veikko Nekundi vra vir strenger toesig, terwyl die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah aan Kosmos 94.1 Nuus sê dat korrupsieklagte gelê…
12 Aug 10AM 1 min