Die VF Plus sê beweerde brandstigting op die Bloedrivier-erfenisterrein in KwaZulu-Natal beklemtoon die belangrikheid van wedersydse erkenning tussen gemeenskappe. Die Erfenisstigting sê olie is naby die terreinbestuurder se huis aan die brand gesteek. 'n Kampeerder wat gehelp het om die brand te bestry is beseer en elektriese infrastruktuur sowel as…
Die Tsumeb-munisipaliteit het 'n algemene salarisverhoging van 4 persent aangebied, nadat die Namibia Local Authorities-vakbond aanvanklik 'n verhoging van 10 persent en later een van 7,5 persent geëis het. Die munisipaliteit se woordvoerder, Stella Imalwa, sê dat die aanbod gegrond is op die kernverantwoordelikheid om te verseker daar is fondse…
Terwyl dit vandag koud in die binneland was, kan Namibiërs verwag dat dit van môreoggend af effens sal opwarm. Meteoroloog Albertina Anderson van die Weerdiens waarsku teen die gevaar van veldbrande en sê dit is nog nie tyd om die truie en baadjies te diep weg te pak nie. Sy…
Reaksie word ontvang oor die wanbestuur van regeringswoonstelle, met balkonne wat na bewering in hutte omskep is en sommige eenhede wat vir privaat besighede gebruik of verhuur word. Werkeminister Veikko Nekundi vra vir strenger toesig, terwyl die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah aan Kosmos 94.1 Nuus sê dat korrupsieklagte gelê…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.