Terwyl dit vandag koud in die binneland was, kan Namibiërs verwag dat dit van môreoggend af effens sal opwarm. Meteoroloog Albertina Anderson van die Weerdiens waarsku teen die gevaar van veldbrande en sê dit is nog nie tyd om die truie en baadjies te diep weg te pak nie. Sy…
Reaksie word ontvang oor die wanbestuur van regeringswoonstelle, met balkonne wat na bewering in hutte omskep is en sommige eenhede wat vir privaat besighede gebruik of verhuur word. Werkeminister Veikko Nekundi vra vir strenger toesig, terwyl die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah aan Kosmos 94.1 Nuus sê dat korrupsieklagte gelê…
Die minimumloon en arbeidskwessies is terug in die nuus, terwyl die parlementêre komitee oor arbeidsake die werksomstandighede in die groothandel- en kleinhandelsektor in die Zambezi-streek beoordeel. Die komitee het kommer uitgespreek oor die swak nakoming van arbeidswette. Die streek se enigste arbeidsinspekteur, Richard Mushaukwa, sê sowat 80 persent van werkgewers,…
Krieket: Die snelbouler Scott Boland en die paaltjiewagter Josh Inglis is uit Australië se groep gelaat vir die reeks van twee toetse teen Bangladesj, wat môre in Darwin begin. Die veteraan-draaibouler Nathan Lyon is terug na 'n langtermynbesering en die ervare Mitchell Starc en Josh Hazlewood is ook ingesluit vir…
Die landbou-organisasie TLU SA het 'n nasionale veldtog geloods teen voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer. Woordvoerder Caria van der Merwe sê die veranderings kan verreikende gevolge hê vir boere, landelike gemeenskappe en wettige vuurwapeneienaars. Die veldtog het ten doel om te verseker die landbougemeenskap se bekommernisse word gehoor…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.