President Donald Trump sê hy vertrou Iran nie en Amerika het algehele beheer oor die Seestraat van Hormuz. Teheran het verklaar hy sal nie die strategiese waterweg oopmaak nie, tensy Washington instem om oorlogsvergoeding te betaal en sanksies te beëindig. Sowat 'n vyfde van die wêreld se olie en vloeibare…
Die Suid-Afrikaanse regering eis vergoeding van die regerings van Malawi, Nigerië en Ethiopië vir die koste om hul landsburgers te repatrieer. Die Grensbestuursowerheid het bekendgemaak net minder as 90 000 mense teen 7 Augustus deur Suid-Afrikaanse grensposte gerepatrieer is. Die Departement van Binnelandse Sake se direkteur-generaal, Tommy Makhode, sê die…
Die teengifkrisis in Namibië duur onverpoosd voort, ten spyte van kommer wat deur slangkundiges geopper is dat die regering dringend addisionele voorrade moet verkry om kwynende voorrade aan te vul. Slangkenner Francois Theart vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat waarskuwingstekens sedert 2016 duidelik is. Ten spyte daarvan, sê Theart dat…
Die sentrale bank het die repokoers vanoggend onveranderd op 6,75 persent gehou, nes ekonome voorspel het. Die goewerneur, Ebson Uanguta het die redes daarvoor so aangevoer.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.