Bewaar belastingrekords vir minimum 5 jaar

Loading player...
NamRA herinner belastingbetalers en handelaars daaraan dat hulle wetlik verplig is om rekords en stawende dokumente vir 'n tydperk van vyf jaar te bewaar. Die agentskap beklemtoon dat hulle geen dokumente buite hierdie wetlike termyn sal aanvra nie, behalwe in spesifieke uitsonderings. Steven Ndorokaze, NamRA-woordvoerder.
16 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA eis vergoeding van Afrikalande na repatriasie

Die Suid-Afrikaanse regering eis vergoeding van die regerings van Malawi, Nigerië en Ethiopië vir die koste om hul landsburgers te repatrieer. Die Grensbestuursowerheid het bekendgemaak net minder as 90 000 mense teen 7 Augustus deur Suid-Afrikaanse grensposte gerepatrieer is. Die Departement van Binnelandse Sake se direkteur-generaal, Tommy Makhode, sê die…
12 Aug 6AM 1 min

Slangteengif: 15 ampules in die land oor

Die teengifkrisis in Namibië duur onverpoosd voort, ten spyte van kommer wat deur slangkundiges geopper is dat die regering dringend addisionele voorrade moet verkry om kwynende voorrade aan te vul. Slangkenner Francois Theart vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat waarskuwingstekens sedert 2016 duidelik is. Ten spyte daarvan, sê Theart dat…
12 Aug 6AM 1 min

Repokoers onveranderd op 6,75%

Die sentrale bank het die repokoers vanoggend onveranderd op 6,75 persent gehou, nes ekonome voorspel het. Die goewerneur, Ebson Uanguta het die redes daarvoor so aangevoer.
12 Aug 6AM 1 min

Streeksvergaderings vir skaapsektor se produsente maatskappy

Namibiese skaapprodusente word genooi na vergaderings om uit te vind oor 'n voorgestelde produsente maatskappy wat daarop gemik is om skaapbemarking en kommersiële geleenthede te versterk. Die vergaderings sal môre tot 28 Augustus duur en begin in die dorpe Blumfelde, Uhlenhorst, Keetmanshoop, Helmeringhausen, Karasburg, Karasberge, Koës, Maltahöhe, Aranos, Gochas en…
12 Aug 6AM 1 min