DA vra proklamasie vir leefstyloudits

Loading player...
Die DA vra president Cyril Ramaphosa om dringend ʼn proklamasie uit te vaardig wat die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gee om saam met die Staatsveiligheidsagentskap verpligte leefstyloudits uit te voer, veral in wetstoepassing en die strafregstelsel. Die Madlanga-kommissie het gehoor slegs vyf uit 823 senior leiers in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die afgelope vyf jaar leefstyloudits ondergaan. Lisa Schickerling van die DA sê die ondersoekeenheid moet die bevindings van leefstyloudits verifieer, onverklaarde rykdom ondersoek en sake vir vervolging verwys:
16 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA eis vergoeding van Afrikalande na repatriasie

Die Suid-Afrikaanse regering eis vergoeding van die regerings van Malawi, Nigerië en Ethiopië vir die koste om hul landsburgers te repatrieer. Die Grensbestuursowerheid het bekendgemaak net minder as 90 000 mense teen 7 Augustus deur Suid-Afrikaanse grensposte gerepatrieer is. Die Departement van Binnelandse Sake se direkteur-generaal, Tommy Makhode, sê die…
12 Aug 6AM 1 min

Slangteengif: 15 ampules in die land oor

Die teengifkrisis in Namibië duur onverpoosd voort, ten spyte van kommer wat deur slangkundiges geopper is dat die regering dringend addisionele voorrade moet verkry om kwynende voorrade aan te vul. Slangkenner Francois Theart vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat waarskuwingstekens sedert 2016 duidelik is. Ten spyte daarvan, sê Theart dat…
12 Aug 6AM 1 min

Repokoers onveranderd op 6,75%

Die sentrale bank het die repokoers vanoggend onveranderd op 6,75 persent gehou, nes ekonome voorspel het. Die goewerneur, Ebson Uanguta het die redes daarvoor so aangevoer.
12 Aug 6AM 1 min

Streeksvergaderings vir skaapsektor se produsente maatskappy

Namibiese skaapprodusente word genooi na vergaderings om uit te vind oor 'n voorgestelde produsente maatskappy wat daarop gemik is om skaapbemarking en kommersiële geleenthede te versterk. Die vergaderings sal môre tot 28 Augustus duur en begin in die dorpe Blumfelde, Uhlenhorst, Keetmanshoop, Helmeringhausen, Karasburg, Karasberge, Koës, Maltahöhe, Aranos, Gochas en…
12 Aug 6AM 1 min