Padwedloop: Ross wen vyfde Brandberg Backyard Ultra-kroon

Loading player...
Die Namibiese langasem, André Ross, het die 2026 RMB Brandberg Backyard Ultra op Uis vir die vyfde agtereenvolgende keer gewen - dié keer met ‘n rekord van 26 loepe van 6,7km elk in net meer as 24 uur. Kosmos 94.1 se Yanna Smith het met hom oor die wedloop en sy naaste teenstander, Kim Sonntag van Suid-Afrika, gesels:
19 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kus maak gereed vir 11 000 passasierskeep-besoekers

Die kus maak gereed vir 'n ekonomiese hupstoot aangesien Walvisbaai meer as 11 000 passasiers van internasionale passasierskepe sal verwelkom tussen Oktober en Januarie. Dit is egter 'n reuse-daling van die sowat 79 000 passasiers wat in die vorige seisoen die hawe aangedoen het. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië se uitvoerende…
15 Oct 11PM 1 min

Mense wat wêreldwyd in armoede leef styg tot 1,2 miljard

Die Verenigde Nasies sê die aantal mense wat op verskeie vlakke van armoede leef, het die eerste keer in 15 jaar toegeneem tot 1,2-miljard. 'n Wêreldwye armoede-aanwyser toon dis 51,5-miljoen meer mense as verlede jaar. Onder die 1,2-miljard mense is 617-miljoen kinders, en 83-persent woon in landelike gebiede. Die administrateur…
15 Oct 11AM 1 min

Kaartjies vir Napha-jaarvergadering nou te koop

Kaartjies vir die Namibiese Professionele Jagtersvereniging se jaarvergadering is nou amptelik te koop. Napha se kantoorbestuurder, Kristin Maritz, sê vanjaar se byeenkoms vind plaas onder die tema "Professionaliteit versterk bewaring", met die doel om strategieë vir volhoubare wildbestuur in die kollig te plaas. Sy het meer inligting aan Kosmos 94.1…
15 Oct 11AM 1 min

Meatco blink uit in VK, selfs ná BKS-uitbreking

Meatco se bedrywighede in die Verenigde Koninkryk het 'n "STERK"-gradering in die jongste beoordeling deur Plimsoll Rating ontvang. Hierdie erkenning kom na die bek-en-klouseer uitbreking, wat toegang tot belangrike premium-uitvoermarkte ontwrig het. Plimsoll se beoordeling het 47 van die VK se toonaangewende vleis in- en -uitvoermaatskappye geëvalueer en hul finansiële…
15 Oct 11AM 1 min