Namibiese hokkie-vroue verloor eerste wedstryd

Loading player...
Die Namibiese nasionale vrouehokkiespan het die eerste wedstryd van hul reeks van vier toetse teen Suid-Afrika met 4-0 by Elkanah House-hoërskool in Kaapstad verloor. Hoofafrigter Trevor Cormack sê die jong Namibiese span wat besig is met 'n heropbouproses, gebruik hierdie reeks as noodsaaklike voorbereiding vir die komende Afrika-spele. Hulle speel vandag die tweede toets.
21 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

WGO verskerp Ebola-reaksie soos epidemie uitkring

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy verskerp sy reaksie op die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo. Vier-duisend-381 bevestigde gevalle is aangemeld en 2 011 mense is aan die virus dood. Die middelpunt van hierdie uitbreking van die Bundibugyo-spesie van Ebola is in die ooste van die DRK waar onsekerheid pogings…
12 Aug 2AM 1 min

NamPol-verkeer kry N$36m van Padfondsadministrasie

Die Padfondsadministrasie het 'n finansiële hupstoot van 36 miljoen Namibiese dollar aangekondig om die Namibiese polisie te ondersteun om sy operasionele kapasiteit vir die volgende drie jaar te versterk. Nampol se waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anna-Marie Nainda, het tydens die aankondigingsgeleentheid gesê dat die fondse gebruik sal word om uitdagings wat…
12 Aug 2AM 1 min

Monitering word verskerp na 14 zama-zamas sterf

Die pas aangestelde Noordwes-polisiekommissaris, Arthur Adams, sê die monitering van gelisensieerde myn-persele moet verskerp word. Dit volg nadat 14 vermeende onwettige myners dood en talle ander gister beseer is ʼn rotsstorting by ʼn verlate mynskag in Nkaneng naby Rustenburg. Adams sê die polisie sal voortgaan om saam met die Suid-Afrikaanse…
12 Aug 12AM 1 min

Wêreldjeugdag herdenk te midde van uitdagings

Terwyl Namibië vandag Internasionale Jeugdag gedenk, voer aktiviste aan dat daar nie veel is om te vier nie, gegewe die stand van jeugsake in die land. Die jeugaktivis Nocky Kaapehi voer aan dat, hoewel daar baie is om te vier, dit met 'n bewuste ingesteldheid gedoen moet word. Hy het…
12 Aug 12AM 1 min