
Blommeprag in die Suide
Loading player...
Die Suide beleef tans 'n skouspelagtige veldblommeseisoen, met Aus en omliggende gebiede wat deur kleurvolle blomme omskep word. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers van Klein-Aus Vista gepraat, wat sê dat etlike hektaar grond bedek is met heldergeel en pers blomme. Hy nooi reisigers uit om 'n draai te maak om die kleurvolle vertoning eerstehands te ervaar.

