
ErongoRED loods nuwe program teen kabeldiefstal
Loading player...
Diefstal van koperkabels kos ErongoRED meer as 5 miljoen Namibiese dollar per jaar en die elektrisiteitsverspreider waarsku dat hierdie misdaad kragonderbrekings veroorsaak, openbare veiligheid bedreig en koste laat styg. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof, Tino !Hanabeb, gepraat wat sê die maatskappy het sy veldtog “Be a Copper Theft Stopper” van stapel gestuur. Hy doen 'n beroep op gemeenskappe om te help om die streek se elektrisiteitsnetwerk te beskerm.

