Ondersteun ons boogskutters se gala-dinee

Loading player...
Namibië se boogskutters mik na die kontinentale verhoog, maar hulle het die publiek se steun nodig om daar uit te kom. Africa Genesis Archery Namibia samel fondse in nadat hulle 'n uitnodiging ontvang het om aan die Africa Genesis Archery Federation se Afrika-toernooi in Botswana deel te neem, wat van 12 tot 16 Augustus plaasvind. As deel van die fondsinsamelingspoging bied die organisasie komende Saterdag 'n gala-dinee in Windhoek aan. Kosmos 94.1 Nuus het met die klub se vise-president, Nomin Lucas gesels:
22 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump dreig om Iranse “kernterrein” aan te val

Die Amerikaanse president, Donald Trump, dreig om ʼn kompleks, bekend as Pickaxe Mountain, aan te val wat vermoedelik ʼn ondergrondse kernterrein is waar Iran moontlik ʼn onverklaarde verrykingsaanleg bou. Dit is in 2020 aan die Verenigde Nasies se Internasionale Atoomenergie-agentskap verklaar as ʼn toekomstige aanleg om toerusting op te rig…
22 Jul 9AM 1 min

Gobabis-inwoners wil nóg praat oor grond-wetsontwerp

Inwoners van Gobabis eis bykomende streeksbesprekings oor die voorgestelde nasionale grond-wetsontwerp, met die argument dat die departement van landbou se onlangse openbare konsultasie op baie kort kennisgewing gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapsleier Wallace Finnies gepraat, wat sê hoewel die besprekings vrugbaar was, bywoning swak was. Dit beteken…
22 Jul 9AM 1 min

Afstand-werk bereik rekord-hoogtepunt in SA

Geleenthede om van die huis te werk, het in die eerste helfte van die jaar ʼn rekord-hoogtepunt bereik in Suid-Afrika. Volgens die werksplatform, Pnet, se jongste verslag oor arbeidsmark-neigings is afstandwerk-geleenthede 28-persent hoër as 'n jaar gelede en het die afgelope twee jaar met 41-persent toegeneem. Paul Byrne van Pnet…
22 Jul 8AM 1 min

Prioritiseer huiseienaarskap, nie goedkoop huur

Die Huurbeheerwetsontwerp, wat steeds op parlementêre debatvlak is, bly omstrede. Kommentators en ekonomiese ontleders is verdeeld, met kritici wat waarsku dat dit die aanbod van behuising kan verminder en tekorte kan vererger. Voorstanders en politieke groepe dring weer aan op die versnelde implementering daarvan om kwesbare huurders teen hoë koste…
22 Jul 8AM 1 min

Beleggers kyk na grond, dienste vir datasentrums

Datasentrums is die nuwe beleggingsbestemming, veral in lande soos die VSA. Kenners meen 'n manier om 'n voet in die deur te kry om in KI te belê is om te belê in maatskappye wat die grond bekom sowel as diensverskaffers. In die VSA, is alle oë op die groei…
22 Jul 6AM 1 min