Besoekers stroom na dele van Spanje, Ysland en Groenland vir 'n totale sonsverduistering net voor sononder vanaand, terwyl 'n gedeeltelike verduistering oor 'n groot deel van Europa asook in Noord-Afrika en Noord-Amerika sigbaar sal wees. Die jaarlikse Perseid-meteorietreën sal ook vanaand sy hoogtepunt bereik, en in Brittanje is voorbereidings getref…
Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, regter Mbuyiseli Madlanga, het die National Coloured Congress se parlementslid, Fadiel Adams, tereggewys oor die maande-laat indiening van sy verklaring. Adams het dit toegeskryf aan probleme met sy skootrekenaar, en gesê hy het sy bes probeer om die sperdatum te haal. Madlanga het dit as…
Rugby: Die Springbok-legende Tendai "Beast" Mtawarira glo Suid-Afrika gaan Nieu-Seeland verslaan in die Rugby's Greatest Rivalry-reeks. Die stut, met 117 toetse op sy kerfstok, glo die Bokke se grofgeskut-voorspelers sal die All Blacks oorrompel en Suid-Afrika die voordeel besorg. Mtawarira sê die Suid-Afrikaanse pak se krag en fisiese aanslag kan…
Die Binnelandse Sake-ministerie het 'n program vir kommunikasie en betrokkenheid by belanghebbendes van stapel gestuur. Dit het ten doel om gemeenskappe oor sy mandaat in te lig en staatsdienste nader aan die mense te bring. Adjunkminister Edward Wambo sê dat hierdie interaksies daarop gemik is om te verseker dat gemeenskappe…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.