SADC betalingstelsel brei verder as SA rand uit

Loading player...
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is daartoe verbind om oorgrens-transaksies goedkoper en vinniger te maak. Die Angolese kwanza het die tweede betalingseenheid geword om by die elektroniese streeksbetaalstelsel aan te sluit. Dit het 13 jaar lank uitsluitlik die Suid-Afrikaanse rand gebruik, hoofsaaklik om Suid-Afrika se gevorderde finansiële infrastruktuur te benut. Botswana en Mosambiek sal volgende aansluit. Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê dis 'n belangrike mylpaal vir plaaslike finansiële integrasie:
28 Jul 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bokke gaan Rugby's Greatest Rivalry wen: Beast Mtawarira

Rugby: Die Springbok-legende Tendai "Beast" Mtawarira glo Suid-Afrika gaan Nieu-Seeland verslaan in die Rugby's Greatest Rivalry-reeks. Die stut, met 117 toetse op sy kerfstok, glo die Bokke se grofgeskut-voorspelers sal die All Blacks oorrompel en Suid-Afrika die voordeel besorg. Mtawarira sê die Suid-Afrikaanse pak se krag en fisiese aanslag kan…
11 Aug 11AM 1 min

Binnelandse sake-program teiken gemeenskappe

Die Binnelandse Sake-ministerie het 'n program vir kommunikasie en betrokkenheid by belanghebbendes van stapel gestuur. Dit het ten doel om gemeenskappe oor sy mandaat in te lig en staatsdienste nader aan die mense te bring. Adjunkminister Edward Wambo sê dat hierdie interaksies daarop gemik is om te verseker dat gemeenskappe…
11 Aug 11AM 1 min

Oop gebiede nodig vir olifante om habitatte te beskerm

Wêreldolifantdag word môre gevier, en die Namibia Nature Foundation beklemtoon die dringende noodsaaklikheid daarvan om oop gebiede te bewaar waar Afrika se reuse vrylik kan rondbeweeg. Navorsingsdirekteur Morgan Hauptfleisch het Namibië se model van oop landskappe vergelyk met Suid-Afrika se omheinde reservate, en waarsku dat olifante in die buurland in…
11 Aug 11AM 1 min

Krieket SA opgewonde oor FNB T20-driehoekige reeks

Spanne berei goed voor vir die FNB T20-driehoekige reeks wat van 28 Augustus tot 6 September in Windhoek plaasvind, tussen Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe. Alle wedstryde vind plaas by die FNB Namibië Krieketveld, met elke span wat twee keer teen die ander speel voor die finaal. Krieket Suid-Afrika se uitvoerende…
11 Aug 10AM 1 min