Fauci weier om vrae oor Covid-oorsprong te beantwoord

Loading player...
Die voormalige direkteur van Amerika se Nasionale Instituut vir Allergie en Aansteeklike Siektes, Anthony Fauci, het geweier om vrae te beantwoord tydens 'n Senaatverhoor oor die oorsprong van die Covid-19-pandemie. Hy het gesê hy vrees dat senator Rand Paul sal probeer om sy getuienis te gebruik om hom vir meineed te vervolg. Hy het hom op die vyfde wysiging van die Amerikaanse grondwet beroep, wat sê dat geen individu in enige strafsaak gedwing kan word om 'n getuie teen homself te wees nie. Hy het ook gesê dat hy tydens verskeie kongresverhore oor Covid en die oorsprong daarvan getuig het. Fauci het na Paul verwys in sy verklaring:
29 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mense wat wêreldwyd in armoede leef styg tot 1,2 miljard

Die Verenigde Nasies sê die aantal mense wat op verskeie vlakke van armoede leef, het die eerste keer in 15 jaar toegeneem tot 1,2-miljard. 'n Wêreldwye armoede-aanwyser toon dis 51,5-miljoen meer mense as verlede jaar. Onder die 1,2-miljard mense is 617-miljoen kinders, en 83-persent woon in landelike gebiede. Die administrateur…
15 Oct 11AM 1 min

Kaartjies vir Napha-jaarvergadering nou te koop

Kaartjies vir die Namibiese Professionele Jagtersvereniging se jaarvergadering is nou amptelik te koop. Napha se kantoorbestuurder, Kristin Maritz, sê vanjaar se byeenkoms vind plaas onder die tema "Professionaliteit versterk bewaring", met die doel om strategieë vir volhoubare wildbestuur in die kollig te plaas. Sy het meer inligting aan Kosmos 94.1…
15 Oct 11AM 1 min

Meatco blink uit in VK, selfs ná BKS-uitbreking

Meatco se bedrywighede in die Verenigde Koninkryk het 'n "STERK"-gradering in die jongste beoordeling deur Plimsoll Rating ontvang. Hierdie erkenning kom na die bek-en-klouseer uitbreking, wat toegang tot belangrike premium-uitvoermarkte ontwrig het. Plimsoll se beoordeling het 47 van die VK se toonaangewende vleis in- en -uitvoermaatskappye geëvalueer en hul finansiële…
15 Oct 11AM 1 min

Publiek welkom om landbouministerie teen BKS te help

Die landbouministerie is oop vir vrywillige hulp van lede van die publiek in die stryd teen die bek-en-klouseer-uitbreking. Lynminister Inge Zaamwani het vanmiddag aan die parlement gesê dat sy 'n lys ontvang het van individue wat aanbeveel is om die ministerie by te staan, maar dat sy steeds hul besonderhede…
15 Oct 10AM 1 min

CAN verwelkom N$1,3 miljoen vir palliatiewe fonds

Die Kankervereniging het 'n belofte van 1,3 miljoen Namibiese dollar deur die FirstRand Namibië-stigting aan sy fonds vir palliatiewe sorg verwelkom. Die vereniging sê die bydrae is 'n beduidende stap om deernisvolle en waardige gesondheidsorg vir kwesbare kankerpasiënte regoor die land te verseker. Uitvoerende hoof Rolf Hansen het aan Kosmos…
15 Oct 10AM 1 min