
Biblioteke as Hoeksteen van die Gemeenskap – Gesels met Sibbelie Lee oor Leesbevordering en Ontwikkeling
Loading player...
In hierdie episode van Kopskyf op Radio Cape Pulpit gesels aanbieder Mersha Eksteen met Sibbelie Lee, hoof van biblioteekdienste in die Overberg, Theewaterskloof Munisipaliteit. Hulle praat oor die onskatbare rol wat biblioteke in gemeenskappe speel – nie net as plekke om boeke uit te neem nie, maar as sentrums van leer, hoop en ontwikkeling. Sibbelie deel die talle projekte wat hulle aanbied, insluitend leesprogramme vir jong kinders, vakansieprogramme, samewerking met verskeie departemente, en die suksesvolle Jibion-program wat jongmense bemagtig. Sy beklemtoon ook die uitdagings soos die leeskrisis en die digitale kloof, en noem hartroerende suksesverhale van jong skrywers en studente wat deur die biblioteek geïnspireer is. Die boodskap is duidelik: bele in jou biblioteek, bele in jou gemeenskap en wees die verskil.

