
Grootskaalse soektog ná moord op twee lede van polisie se eenheid teen bendemisdaad
Loading player...
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het 'n beroep op inwoners van Reigerpark aan die Oos-Rand in Gauteng gedoen om ondersoekbeamptes te help om die persone te identifiseer wat verantwoordelik is vir die moord op twee lede van die Teen-Bende-eenheid. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê gespesialiseerde polisie-eenhede is ontplooi om die verdagtes op te spoor en vra mense met inligting om na vore te kom. Sy het die noodsaaklikheid van gemeenskapsamewerking beklemtoon om die oortreders te arresteer en geregtigheid te verseker:

