Betaal padwerkers wat hul toekom, eis minister

Loading player...
Werke- en vervoerminister Veikko Nekundi het padkontrakteurs gemaan om nie werkers wat hulle vir padprojekte in diens neem, sleg te behandel nie. Werkers moet ook ten minste die minimumloon betaal word en daar moet na hul klagtes geluister word. Nekundi het onlangs tydens 'n seremonie vir die aanvang van herstelwerk aan verskeie paaie in Walvisbaai gepraat.
9 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kommissie sluk swaar aan Adams se verskonings

Die National Coloured Congress se parlementslid, Fadiel Adams, hou vol probleme met sy skootrekenaar is die rede vir die laat indiening van sy verklaring aan die Madlanga-kommissie. Hy sê dit vries gereeld, wat hom dan dwing om inligting van kollegas te ontvang en oproepe te maak. Adams sukkel ook om…
11 Aug 8AM 1 min

Naretu pleit vir lede se ekonomiese vryheid

Die Namibiese Revolusionêre Vervoer-vakbond, Naretu, het tydens sy vyfjaar-bestaansvieringe sy verbintenis teenoor sy lede herbevestig en 'n beroep op ekonomiese vryheid gedoen. Naretu se opperbevelvoerder, Petersen Kambinda, het verklaar dat dit Naretu se voorneme is om ekonomiese vryheid vir sy lede te bewerkstellig, want vakbonde kan nie bestaan terwyl lede…
11 Aug 8AM 1 min

Druk neem toe op Infantino

Sokkerverenigings in Europa, Suid-Amerika en Asië wil steeds hê dat Gianni Infantino as hoof van Fifa moet onttrek en sê hy het hulle vertroue verloor. Dit kom na hy 'n deel van die Wêreldbeker wou kommersialiseer. Hy het die plan onttrek maar, dit blyk om geen verskil te gemaak het…
11 Aug 6AM 1 min

Giwusa eis nasionalisering van farmaseutiese bedryf na werksverliese oor tenders

Die algemene werkersvakbond Giwusa eis die onmiddellike nasionalisering van die farmaseutiese bedryf. Pharmaceuticals Made in South Africa het verlede week onthul plaaslike medisynevervaardigers verloor belangrike tenders weens die Departement van Gesondheid se fokus op prys. Dit het die afgelope 18 maande gelei tot die verlies van 2 500 werksgeleenthede. Giwusa-president,…
11 Aug 6AM 1 min

'Vermiste persone' baie keer jeug wat wegloop - NamPol

Vermiste persone word amper daagliks op verskeie belange-WhatsApp-groepe gedeel net vir die persoon om etlike ure later gevind te wees. NamPol se adjunkkommissaris Kauna Shikwambi wys daarop dat die polisie in gevalle van vermiste persone eers moet vasstel of die persoon se verdwyning opsetlik is of nie. Sy sê dat…
11 Aug 6AM 1 min