
Eerste heer doen beroep op seuns om hulself te verbeter
Loading player...
Die eerste heer, Epaphras Ndaitwah, het 'n beroep op seuns gedoen om die geleentheid wat aan hulle gebied word, te benut om hul lewens te verbeter en onderwys aan te gryp. Hy was ‘n spreker by 'n byeenkoms vir seuns op Nkurenkuru in Kavango-Wes. Ndaitwah sê seuns kry nie die nodige aandag nie, wat daartoe lei dat hulle by onproduktiewe aktiwiteite betrokke raak.

