Betereinders bou ’n lewende monument van hoop & die nuwe Gaza-vredespoging

Loading player...
Jannie Pelser en gaste, Ds. Schalk van Heerden en Ds. Johan Erasmus gesels oor die problematiek en uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar. Suid-Afrikaners uit alle lae van die samelewing word bykans daagliks daarmee gekonfronteer. Boonop verval ’n mens sommer gou-gou in ’n gees van moedeloosheid en vrees oor wat die toekoms mag inhou. Juis daarom is dit verkwiklik om te hoor van inisiatiewe wat deel van die oplossing wil wees — veral wanneer dit sigbaar, verbeeldingryk en prakties is.
En dan gesels Jannie met Jurie van der Walt oor die nuwe Gaza-vredespoging.
12 Aug Afrikaans South Africa Christianity · News

Other recent episodes

Die Christen en die plaaslike verkiesing – stem, swyg of wegbly?

Suid-Afrika staan aan die vooraand van plaaslike regeringsverkiesings. Op Woensdag 4 November kry kiesers landwyd die geleentheid om hul stemme uit te bring en te help bepaal wie die volgende vyf jaar die munisipaliteite sal bestuur. Jannie Pelser en gaste, Ds Barnard Steyn, Dr Andre van Niekerk en Ds Danie…
14 Oct 49 min

Nasiebou - ideaal of illusie?

Jannie Pelser en gaste, Dr Braam Hanekom, Jan Bosman en Dr Coetzee Bester gesels oor of Suid-Afrika nog 'n gemeenskaplike "ons" vind?
7 Oct 55 min

Die Kruis in branding

Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman, Prof. Hennie Stander en Prof. Cobus van Wyngaard gesels oor die Kruis in branding. Die gebruik van ongeveer 3 000 kruise wat onlangs in Washington opgerig is, met die doel om volgens die organiseerders internasionale aandag op geweld teen die boerderygemeenskap te vestig,…
30 Sep 53 min

SA en VSA: hoe het ons hier gekom?

Jannie Pelser en gaste, Prof. Antoni van Nieuwkerk, Prof. Andre Duvenhage en Gert van der Westhuizen gesels oor die verhouding tussen Suid-Afrika en die Verenigde State wat die afgelope tyd weer merkbaar versleg het. Die jongste ontwikkeling is Washington se besluit om reis- en visumbeperkings teen sekere Suid-Afrikaanse persone in…
23 Sep 53 min

49 Dae voor die plaaslike regeringsverkiesing - wat is op die spel?

Ons is vandag 49 dae weg van die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November 2026. Dit is die verkiesing wat sal bepaal wie in ons munisipale rade gaan sit en hoe plaaslike regering daarna saamgestel en bestuur word. Vir die meeste Suid-Afrikaners is dit die regeringsfeer wat die naaste aan hulle…
16 Sep 52 min