
Ampsklagkomitee gaan voort met sy werk na hofbeslissing
Loading player...
Die parlementêre Ampsklagkomitee sê hy neem kennis van die Konstitusionele Hof se beslissing wat die regstreekse aansoek vir verlof tot appèl teen die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak oor president Cyril Ramaphosa se interdik, van die hand wys. Die African Transformation Movement het verlede maand gepoog om die hof-uitspraak tersyde te stel en 'n parlementêre ondersoek na Ramaphosa se hantering van 'n inbraak op sy Phala Phala-plaas in Limpopo te stop. Die ampsklagkomitee se voorsitter, Makashule Gana, sê hulle gaan voort met voorbereidingswerk:

