
Digitale reisstelsel sal grenssekuriteit verbeter - Schreiber
Loading player...
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê die nuwe elektroniese reismagtigingstelsel sal reis makliker maak terwyl dit grenssekuriteit verbeter. Schreiber het tydens die bekendstelling van die digitale stelsel in Gauteng gesê die digitale platform gebruik biometriese tegnologie en outomatiese risikokontroles om reisaansoeke binne 24 uur te verwerk. Hy het gesê die stelsel het reeds meer as 216 000 aansoeke verwerk en meer as 6 000 vervalste aansoeke tydens die implementeringsfase verwerp:

