
Ebola-uitbreking word dodelikste op rekord
Loading player...
Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku dat die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo besig is om die dodelikste op rekord te word. Meer as 2 000 mense uit meer as 4 300 aangemelde gevalle is in die ooste van die land dood. Die 2014-2016-uitbreking in Wes-Afrika is steeds die dodelikste ooit, toe meer as 11 000 mense uit ongeveer 28 000 gevalle dood is. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle hoop om die siekte se verspreiding binne drie maande om te keer:

