
Maasbanker-operateurs het nie saamgesweer: NaCC
Loading player...
Die Namibiese Mededingingskommissie het groot maasbanker-operateurs vrygespreek van mededingingsbeperkende praktyke ná twee afsonderlike ondersoeke na prysvasstelling, en misbruik van 'n dominante markposisie. Daar was bewerings dat dominante visvangmaatskappye saamgespan het om die kwota-gebruiksfooie, wat aan regtehouers sonder vaartuie betaal word, af te dwing. Die kommissie het egter geen bewyse van sameswering gevind nie en bevind dat gebruiksfooie uitsluitlik op kommersiële grondslag beding word. Die kommissie se woordvoerder, Dina //Gowases, lig ons verder in:

