Gendev-bestuur, raad moet vervang word: IPC-streekvoorsitter

Loading player...
Meer as 600 werkers van Gendev Fishing Group kamp al vir sowat 20 dae buite die maatskappy se perseel in Walvisbaai weens 'n onopgeloste loongeskil. Die geskil handel oor werkers se basiese salarisse en 'n voorstel deur die maatskappy om slegs 70 persent van die ooreengekome salaris te betaal wanneer bedrywighede verminder word. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-streekvoorsitter vir die Erongo-streek, Aloisius Kangulu, gepraat wat sê die kwessie behoort nou al opgelos te gewees het, en dat die hele bestuur en raadslede vervang moet word.
13 Aug 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Junior-hokkiespanne haal uit en wys in Zimbabwe

Namibië se junior nasionale hokkiespanne neem tans deel aan die vierde Zimbabwe Junior Hokkiereeks, wat vandag begin het en tot 17 Augustus duur. Dit is Suider-Afrika se voorste jeughokkietoernooi, waaraan 590 spelers in 32 spanne van Zimbabwe, Namibië, Zambië, Botswana, Eswatini en Suid-Afrika deelneem. Die seuns- en meisiespanne ding mee…
13 Aug 10AM 1 min

El Niño ontwikkel vinnig na 'super'

El Niño ontwikkel steeds, met die Niño 3.4-streek, wat Suider-Afrika insluit, wat vinnig ontwikkel in 'n super El Niño. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê daar is nou meer as ooit geen twyfel dat uiterste weerstoestande vir die streek op pad is nie. In 'n gesprek met AMT gee…
13 Aug 10AM 1 min

Amushelelo soek afdwinging van minimumloon

Toenemende nie-nakoming van die nasionale minimumloon het skerp kritiek van vakbondlede en amptenare ontlok, met die kleinhandelsektor as 'n top-oortreder. Tydens 'n parlementêre assessering in die Zambezi-streek het arbeidsinspekteur Richard Mushaukwa wydverspreide loonskendings bevestig. Die aktivis Michael Amushelelo waarsku dat minimumloonbeleide nutteloos is sonder streng afdwinging, en eis 'n onmiddellike…
13 Aug 10AM 1 min

Banyana in maak-of-breek Wêreldbeker-uitspeelstryd

Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle sal alles moet uithaal in vanaand se wedstryd teen hulle aartsvyand, Nigerië, in Marokko. Die wenner sal deurdring na FIFA se Tussenkonfederasie-uitspeelwedstryde en is steeds in tel vir 'n plek in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Brasilië. Albei kon nie daarin…
13 Aug 9AM 1 min

Maasbanker-operateurs het nie saamgesweer: NaCC

Die Namibiese Mededingingskommissie het groot maasbanker-operateurs vrygespreek van mededingingsbeperkende praktyke ná twee afsonderlike ondersoeke na prysvasstelling, en misbruik van 'n dominante markposisie. Daar was bewerings dat dominante visvangmaatskappye saamgespan het om die kwota-gebruiksfooie, wat aan regtehouers sonder vaartuie betaal word, af te dwing. Die kommissie het egter geen bewyse van…
13 Aug 9AM 1 min