
Herrie is los oor toestande aan boord USS Abraham Lincoln
Loading player...
'n Bohaai het in Amerika losgebars oor die toestande aan boord van die vliegdekskip USS Abraham Lincoln, wat reeds vir meer as 250 dae in die Midde-Ooste ontplooi is. Demokratiese senator Richard Blumenthal, 'n lid van die Senaat-komitee vir gewapende dienste, het antwoorde van verdedigingsminister Pete Hegseth en die vloot geëis. Hegseth het 'n vloedgolf verslae oor kostekorte, gebreekte rioolstelsels, pos-onderbrekings, verslegtende geestesgesondheid en selfmoordpogings ontken. Joe Scarborough, die aanbieder van MSNBC se Morning Joe-program en 'n voormalige Amerikaanse kongreslid, het so reageer.

