
Afrikaans vandag 151 jaar terug gestig
Loading player...
Min organisasies in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het so 'n diepgaande en blywende invloed gehad as die Genootskap van Regte Afrikaners. Die beweging, wat in 1875 in die Paarl gestig is, het 'n bepalende rol gespeel in die transformasie van Afrikaans van 'n gesproke dialek na 'n erkende skryftaal, en uiteindelik 'n amptelike taal. Vanaf 15 Januarie 1876 het die genootskap 'n tydskrif in Afrikaans gepubliseer genaamd Die Afrikaanse Patriot, die eerste in sy soort. Afgetrede predikant en lid van Netwerk Namibia se bestuur, Dr. Callie Opperman, gesels met Kosmos 94.1 Nuus:

