
ANC se parlementêre koukus sê ampsklagkomitee moet hofprosesse respekteer
Loading player...
Die ANC se parlementêre koukus sê die Konstitusionele Hof-beslissing oor president Cyril Ramaphosa se interdik bevestig dat geen parlementêre meerderheid, opposisieparty of politieke veldtog bo die wet verhewe is nie. Die hof het politieke partye en die ampsklagkomitee toestemming geweier om te appelleer teen ʼn tussentydse interdik wat openbare verhore in die Phala Phala-saak verbied. ANC-woordvoerder Cameron Dugmore sê die regs-hersieningsproses moet sy loop neem sonder politieke inmenging of vals dringendheid:

