
Strauss sê die Bulle is opgewonde vir All Blacks
Loading player...
Die All Blacks se volgende, en derde kragmeting in die Rugby’s Greatest Rivalry-toer is Saterdag teen die Bulle in Pretoria, voor volgende naweek se eerste toets teen die Springbokke op Ellispark. Tot dusver is hulle onoorwonne. Die president van die Suid-Afrikaanse Blou Bulle, Willem Strauss sê hulle is opgewonde om die All Blacks hierdie Saterdag te pak ná 50 jaar op Loftus. Strauss het eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

