
Israel verwerp term 'setlaarsgeweld', sê dis uittartend
Loading player...
Israel se ambassadeur in die Verenigde Nasies, Danny Danon, verwerp die standpunt dat nedersettings 'n struikelblok vir vrede is. Die VN se Veiligheidsraad is bekommerd oor toenemende setlaarsgeweld, die sloop van geboue en die ontworteling van Palestynse burgerlikes in die besette Wesoewer. Alle Israelse nedersettings word volgens internasionale reg as onwettig beskou. Danon sê die nedersettings sal aanhou voortbestaan en uitbrei aangesien Israel Bybelse, geskiedkundige en wettige regte op die grond het:

