Kaapstad se mariene-eenheid behaal groot suksesse teen stropery

Loading player...
Die Stad Kaapstad sê sy mariene-eenheid het die afgelope jaar groot suksesse behaal, insluitend 'n byna 500-persent toename in die herwinning van gestroopte mariene hulpbronne. Herwonne goedere het gestyg van ongeveer 2 500 tot bykans 15 000 items. Wetstoepassers het ook 953 onwettige sjebiens gesluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hierdie resultate toon 'n sterker fokus op verordeningstoepassing en misdaadvoorkoming:
15 Aug 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Motorsport: Kagame verwerp idee dat F1 te groot is vir Rwanda

Motorsport: Rwanda se president, Paul Kagame, verwerp die idee dat Formule Een te groot is vir ʼn klein landjie soos syne. Rwanda het ’n tienjaar-ooreenkoms onderteken om vroeg in die 2030's ’n F-1 Grand Prix aan te bied - die eerste in Afrika sedert 1993. Die wedren sal plaasvind sodra…
14 Oct 3AM 1 min

Slegs 17% van Kunene-kinders het toegang tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums

Die Europese Unie-ambassadeur in Namibië, Ana-Beatriz Martins, sê daar is nog baie ruimte vir verbetering en samewerking om te verseker dat meer kinders in die Kunene-streek toegang tot vroeë-opvoeding en onderrig geleenthede en fasiliteite het. Dit, na dit vasgestel is dat slegs 17-persent van kinders in die streek toegang het…
14 Oct 3AM 1 min

SA parlementêre ampsklagkomitee verwerp bewerings oor die onttrekking van die getuienisleier

Die voorsitter van die Parlementêre ampsklagkomitee, Makashule Gana, beskuldig die EFF en die African Legal Professionals Association daarvan hulle het die gebeure rondom die terugtrekking van advokaat Thandazani Madonsela se benoeming as getuienisleier vir die Phala Phala-ondersoek wanvoorgestel het. Die EFF en die vereniging het die Wes-Kaapse Hooggeregshof genader om…
14 Oct 3AM 1 min

DA sê Eskom kan nie aanhou om tariewe te verhoog terwyl hy minder elektrisiteit verkoop nie

Die DA sê Eskom kan nie voortgaan om elektrisiteitstariewe te verhoog terwyl hy minder krag verkoop nie. Die nutsmaatskappy het vir die boekjaar wat in Maart geëindig het 'n wins van 30,3-miljard-rand aangeteken, maar ook staatshulp vir skuldverligting ten bedrae van 80-miljard-rand ontvang. Elektrisiteitsverkope het met 6,2-persent gedaal, terwyl tariewe…
14 Oct 2AM 1 min