
'Afskeepkos vir gevangenes 'n skending van menseregte'
Loading player...
Voormalige ombudsman John Walters sê die voortdurende versuim om gevangenes betyds van volledige maaltye te voorsien, is 'n herhaalde menseregteskending wat die regering jare gelede belowe het om op te los. In reaksie op onlangse klagtes van gevangenes en bevindinge van die Ombudsman se Kantoor, het Walters bevestig dat vorige amptelike ondersoeke bewys het dat hierdie oortredings plaasvind, maar owerhede bly kwesbare gevangenes in die steek laat. Hy praat met Kosmos 94.1 Nuus:

