Dobbelary onder SA-jeug moet aandag kry

Loading player...
Die Nasionale Dobbelraad vra die regering om dringend aandag te skenk aan die krisis van jongmense wat steeds uitermate swaar deur ekonomiese uitsluiting getref word. Die raad se waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, moedig jong Suid-Afrikaners aan om nie sportweddenskappe en ander vorme van dobbelary as 'n alternatief vir 'n inkomste te beskou nie. Hy sê die organisasie se studie oor die sosio-ekonomiese uitwerking van dobbelary in Suid-Afrika in 2023/24 beklemtoon die noodsaaklikheid van groter bewusmaking onder jonger Suid-Afrikaners.
16 Aug 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA sê Eskom kan nie aanhou om tariewe te verhoog terwyl hy minder elektrisiteit verkoop nie

Die DA sê Eskom kan nie voortgaan om elektrisiteitstariewe te verhoog terwyl hy minder krag verkoop nie. Die nutsmaatskappy het vir die boekjaar wat in Maart geëindig het 'n wins van 30,3-miljard-rand aangeteken, maar ook staatshulp vir skuldverligting ten bedrae van 80-miljard-rand ontvang. Elektrisiteitsverkope het met 6,2-persent gedaal, terwyl tariewe…
14 Oct 2AM 1 min

Hardap-leerders aangemoedig om gefokus tydens eindeksamen te bly

Intussen het 'n lid van die Mariental dorps-raad, Iswarin Rooi, leerders in die streek aangemoedig om gedissiplineerd en vol selfvertroue te bly voor hul eind-eksamens. Rooi erken dat sommige leerders hulpbron-beperkings en moeilike huis-omstandighede in die gesig staar... maar beklemtoon dat dié uitdagings nie leerders se toekoms moet affekteer terwyl…
14 Oct 2AM 1 min

AfriForum behaal talle suksesse met landswye misdaadvoorkomingspatrollies

AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs,…
14 Oct 1AM 1 min

Vyf nuwe lede ingesweer op Grondtribunaal-raad

Vyf nuwe lede is ingesweer op die raad van die Grondtribunaal, vir 'n termyn van drie jaar. Die tribunaal speel 'n sleutelrol in die beslegting van geskille oor grondhervorming en die aanhoor van appèlle wat betrekking het op landbougrond. Die lynministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus…
14 Oct 1AM 1 min