
Landbou-minimumloon moet veranderende produksie in ag neem
Loading player...
Landboukundige Wallie Roux sê die regering en alle belanghebbendes in die landbousektor moet die bedryf se huidige ekonomiese uitdagings in ag neem en 'n loonooreenkoms bereik wat billik en volhoubaar is vir beide werkgewers en plaaswerkers. Sy opmerkings volg op kommer wat deur landbou-unies geopper is oor die verpligte loon- en rantsoenbepalings, met die kontantkomponent van plaaswerkers se lone wat vanaf Januarie 2027 met 29 persent tot 18 Namibiese dollar per uur sal styg. Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

