Ramaphosa vra klimaat-veerkragtige SADC-voedselstelsels

Loading player...
Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê die versterking van landbou-waardekettings en die bou van klimaat-veerkragtige voedselstelsels moet voorkeur geniet om voedselsekerheid te verbeter en volhoubare ekonomiese groei te ondersteun. Hy het tydens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskaps-beraad in Durban gevra vir verhoogde landbouproduksie, sterker streeks-voedselreserwes en groter ondersteuning vir klein- en opkomende boere. Ramaphosa het lande ook aangemoedig om ten volle die geleenthede te benut wat die Afrika-vryhandelsgebied bied:
17 Aug 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AfriForum behaal talle suksesse met landswye misdaadvoorkomingspatrollies

AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs,…
14 Oct 1AM 1 min

Vyf nuwe lede ingesweer op Grondtribunaal-raad

Vyf nuwe lede is ingesweer op die raad van die Grondtribunaal, vir 'n termyn van drie jaar. Die tribunaal speel 'n sleutelrol in die beslegting van geskille oor grondhervorming en die aanhoor van appèlle wat betrekking het op landbougrond. Die lynministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus…
14 Oct 1AM 1 min

Amushelelo sê meer as 2800 erwe reeds by sy lughawepad-ontwikkeling bespreek

Aktivis Michael Amushelelo het sy behuisings-ontwikkeling van 10 528 erwe naby Hosea Kutako Internasionale Lughawe verdedig en die waarskuwings van Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, af-gemaak as 'n bemarkings-foefie wat slegs belangstelling verhoog het. Amushelelo sê dat meer as 2 800 kopers reeds erwe deur direkte debiet-mandate vir…
14 Oct 12AM 1 min

KykNet se Binnelanders word mondig!

Binnelanders op KykNet het pas sy 21-ste jaar gevier. Human Stark vervaardiger van Binnelanders het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.
14 Oct 12AM 1 min