SAKP sê hy bly deel van Drieparty-alliansie

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê hy stap nie weg van die Drieparty-alliansie nie, maar bly deel daarvan terwyl hy homself hersaamstel. Die party gaan die eerste keer onafhanklik van sy groter alliansievennoot, die ANC, aan ʼn verkiesing deelneem. Die SAKP se hoofsekretaris, Solly Mapaila, sê hulle onafhanklike deelname is deel van die stryd om politieke verteenwoordiging vir die werkersklas te herbou en die alliansie se hersamestelling te verseker:
31 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sun International vra strenger dobbel-maatreëls

Sun International het 'n handves vir verantwoordelike dobbelary van stapel gestuur en bepleit strenger maatreëls om mense wat dobbel te beskerm. Die handves beperk dobbeladvertensies, bied hulpmiddels om mense te beskerm en maak van volgende jaar voorsiening vir die gebruik van kunsmatige intelligensie om mense te identifiseer wat dobbelprobleme kan…
13 Oct 11AM 1 min

Arbeidsverhoudinge-ministerie in sop by Diensbillikheidskommissie

Die uitvoerende direkteur van die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie, Audrin Mathe, het voor die Diensbillikheidskommissie se hersieningspaneel verskyn oor nie-ingediende vorderingsverslae. Mathe het die oortreding erken en sê dat die ministerie, as bewaarders van die wet, die voorbeeld moet stel vir statutêre nakoming, en interne gevolgebestuur in die gesig moet staar…
13 Oct 11AM 1 min

Plant inheemse bome en versorg hulle: kenner

Terwyl Namibië daarna streef om teen 2030 een miljoen bome te plant, sê die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham dat sukses van meer as net die plant van bome sal afhang. Hy sê die regering moet eers 'n duidelike doelwit vir die inisiatief vasstel, inheemse boomspesies kies wat by plaaslike…
13 Oct 10AM 1 min

Parlement vra oor TransNamib-lokomotiefkontrak

Die parlement soek antwoorde oor TransNamib se kontrak vir die herbou van lokomotiewe. Rodney Cloete, 'n parlementslid van die IPC, wil duidelikheid hê oor berigte dat die werk aan Windhoeker Maschinenfabrik, in vennootskap met Maleisië se SMH Rail, toegeken is. Dit volg op die kansellasie van die beplande aankoop van…
13 Oct 10AM 1 min