NamPower vier 30ste bestaansjaar met strategiese sakeplan

Loading player...
NamPower het ter viering van sy 30ste bestaansjaar sy geïntegreerde strategiese sakeplan vir 2026 tot 2030 bekendgestel, om plaaslike kragopwekking te bevorder, invoerafhanklikheid te verminder en bekostigbare elektrisiteit te verseker. Besturende direkteur Kahenge Haulofu sê bates het gegroei van 'n aanvanlike 3,8 miljoen Namibiese dollar tot 59 miljard dollar. 'n Netto wins van 1,4 miljard dollar is in die laaste boekjaar bereik. Haulofu het meer.
1 Oct 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zimbabwe worstel ook hoë plaaslike brandstofkostes

En dis nie net in Namibië en Suid Afrika waar oor ons die hoë brandstof-pryse kla nie: Zimbabwe worstel ook tans met hemel-hoë plaaslike brandstofkostes wat van die hoogste in die streek is. Die land se hewige petrol- en diesel-pryse word grootliks aangedryf deur voortdurende geopolitieke spanning. Die Zimbabwiese sakeman…
12 Oct 5AM 1 min

Olie- en brandstofpryse kan nog lank hemelhoog bly

Oliepryse kan vir langer as verwag hoog bly, met 'n stadiger as normale daling selfs wanneer pryse begin afneem. Ekonoom Dawie Klopper sê in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus dat dit tyd sal neem om olievoorrade weer op te bou en bedrywighede by raffinaderye te herstel. Die vooruitsigte kan…
12 Oct 5AM 1 min

Lamb Champs kondig nuwe span aan ná Namibië-onttrekking

Intussen het Lamb Champs ’n nuwe span van tien skaapboere, bekend as die "Baa-Barians", aangekondig wat op 31 Oktober tydens die eerste Lamb Champs-uitnodigingstoernooi in Pretoria met Span Suid-Afrika sal meeding. Die verandering volg op Namibië se onttrekking aan die kompetisie weens bek-en-klouseer. Die stigter van die kompetisie en uitvoerende…
12 Oct 5AM 1 min

Landbou-ministerie werk aan nasporing van BKS-uitbreking in Zambezi-streek

Die Landbou-ministerie sê dit werk met veaartsenydienste en ander rolspelers in die Zambezi-streek om die oorsprong van die bek-en-klouseer-uitbreking dáár na te spoor, ná Sondag se bevestiging dat die siekte ook nou op Kalala-eiland aangeteken is. Twaalf monster wat van 20 beeste op die eiland geneem is het positief vir…
12 Oct 5AM 1 min