
SA Staatsdienskommissie-voorsitter waarsku korrupsie is nie toevallig nie
Loading player...
Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Somadoda Fikeni, waarsku korrupsie en ingewortelde mislukkings in Suid-Afrika is nie toevallig nie. Hy het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Openbare Administrasie en Bestuur in Durban toegespreek. Fikeni sê ondoeltreffendheid kan 'n winsmodel word vir diegene wat daarby baat vind. Hy beskryf dit as 'n politieke ekonomie van ondoeltreffendheid, waarin stelselmatige vertragings, knelpunte en swak uitvoering geleenthede vir korrupsie skep:

