
Alte Feste-restourasie vorder goed
Loading player...
Befondsing van 11 miljoen Namibiese dollar is tot dusver verkry vir die restourasie van Windhoek se historiese Alte Feste. Die projek is nou in sy tweede fase. Die restourasie van die gebou se Wesvleuel vorder goed en werk aan nuwe vloere, elektriese infrastruktuur, strukturele versterking en die herstel van vensters is reeds aan die gang. Projekkoördineerder Shareen Thude sê restourasie-werk het ook historiese lae blootgelê het, insluitend oorspronklike pleisterwerk en vloeroppervlakke. Sy het meer met Kosmos 94.1 gedeel.

